Ons is ‘n koninkryksgedrewe gemeente.
Ons bestaan nie vir ons eie voortbestaan nie, maar sodat ander

Whatsapp Groep om al die nodige inligting rakende gebeure en afkondigings in Basileia Gemeente te ontvang.
ONS VISIE
Ons lewe Geesvervuld na Bo, Binne en Buite. Dit is verder omskryf na die volgende: Ons die wedergebore Christen Familie van Basileia Gemeente kies ʼn lewende verhouding van gehoorsaamheid aan die Woord, sodat die vrug van die Gees sigbaar sal word

NA BO
in ʼn verwonderende liefdesverhouding met God

NA BINNE
in ʼn gemeente waar betrokkenheid en versorging prioriteit is

NA BUITE
vir almal buite ons gemeente vir wie ons Jesus se hande en voete moet wees. Dat Sy koninkryk kan kom.
ONS LEWE
Gemeentewaardes
Daar is besluit by ‘n leiersvergadering om die waardes van die gemeente te herdefinieer. Die waardes van ons gemeente wat ons wil uitleef en waarby ons alle lidmate vra om by in te koop in leer en lewe is:
Persoonlike verhouding
met God, die Vader, Seun en HG
Fellowship met medechristen
dat jy aan ‘n kleingroep sal wil behoort.
Passie vir mense
se fisiese nood.
Passie vir mense
se geestelike nood soos uitgeleef deur sending en werksplekbediening.
ONS HART
Wat Heilige Gees ook duidelik op ons harte geplaas het is die familiemetafoor wanneer die Woord oor die kerk en oor ons onderlinge verbondenheid aan mekaar praat.
Aan God al die eer.
Basileia Gemeente
So drie jaar gelede het HG ons gelei om die gemeente se naam te verander wat meer ons waardes reflekteer as net waar ons is. Ons en HG het besluit op Basileia Gemeente wat Koninkryk in Grieks beteken. Ons strewe daarna om die waardes van die koninrkyk as gemeente uit te leef. Die naam funksioneer al hoe sterker en ons praat nou oral van Basileia Gemeente.
ons personeel

DS LOUIS & ELMA CLOETE
Ek het in 1985 hier as gemeenteleraar begin. Ek is vanuit die weermag hier bevestig en dit was my eerste gemeente. Ek is vanuit die gemeente getroud met Elma in 1986. Sy was ‘n gemeentedogter en ons het hier in die gemeente ontmoet. Saam werk...

DS MARIUS & ELMA NEL
Ek en Elma is nou 25 jaar getroud. Min van julle sal weet dat ek haar op hierdie kerkgebou se dak gevra het om vas met my uit te gaan. Ek het geld ingesamel vir ‘n jeugkamp en moes daarvoor vir 50 ure op die kerk se dak bly. Met een besoek het ek...

ADRI
Finansiële Beampte

MARTELIZE
Admin / Skriba

PETER
Algemene werker

MAMSIE
Algemene werker



Eredienstye
Instapdiens
Sondagoggend: 08:30
Aanlyndiens
08:30 (FB & YouTube)
Aanlynaandkursus
18:00 (FB & YouTube)
Aanlyn Tienerdiens
18:00 (FB & YouTube)
Kleuter/Kinder & Tienerbedieningstye:
Kleuterbediening (3jaar – Gr R)
08:30 direk in die Kleuterlokaal
Kinderbediening (Gr 1 – 6)
08:30 (Sing eers saam in Kerk dan uit na lokale)
Tienerbediening (Gr 7 – 11)
16:00
KONTAK
Kontaknommer
013 697 4449
Epos
kerk@bgkerk.co.za
Gemeente Whatsapp
068 012 6333
Ds. LPJ (Louis) Cloete
084 512 8207
Ds. AM (Marius) Nel
082 327 7425
Adres
Hans Strydomlaan 70, Witbank, 1035