Muur Van Herinnering Ooreenkoms

VOORDAT U DIE VORM INVUL, NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN DIE VOLGENDE BEPALINGS EN VOORWAARDES

Hierdie ooreenkoms word aangegaan tussen die volgende persone: NG Kerk Witbank-Klipfontein, hierna genoem die “Bewaarder,” en die persoon wat ʼn nis wil koop, hierna genoem “Bewaargewer”

 

Ooreenkoms Prys:

  • Lidmate – R2900
  • Nie Lidmate – R3500

 

Aangesien die heersende ekonomie die uiteindelike prys van ʼn produk bepaal sal pryse wissel na gelang van tyd en aanvraag.
Die ooreengekome prys vir hierdie ooreenkoms beloop:
 – R 2900. 00, vir ʼn enkel of dubbel nis.
Die ooreengekome prys word betaal vir die volle periode.

Die ooreengekome prys of ʼn gedeelte daarvan is nie terugbetaalbaar vir enige rede wat aangevoer mag word deur die bewaargewer nie.
Ons Muur van Herinnering se nis afskortings is ʼn standaard ontwerp grote, en kan een of twee as-kissies akkommodeer, en vir die rede is die prys ook op een standaard bepaal.
Hierdie prys is onderhewig aan verandering na gelang van eskalasie en verandering in finansiële tendense.

Riglyne en Bepalings

1. Die bewaargewer bespreek ʼn nis, en betaal die heersende prys. Die prys sluit in die gebruik van die nis vir ʼn minimum periode van 30 jaar na afsterwe. Die prys sluit ook in die voorsiening van ʼn gegraveerde graniet plaat en ʼn sleutel vir die toegangshek. Na 30 jaar kan die naasbestaandes van die bewaargewer die ooreenkoms verleng vir ʼn verdere periode, of periodes, op voorwaardes met die bewaarder, soos van toepassing ten tye van die aansoek.

2. Die bewaargewer sal die bewaarder so spoedig moontlik in kennis stel van enige afsterwe/ begrafnisreëlings sodat daar ooreengekom kan word wanneer die nis in gebruik gestel moet word. Die bewaarder het ʼn tydperk van minstens 14 dae om vir voltooiing, indien plaat beskikbaar is by die verskaffer.

  1. Slegs stoflike oorskot geprosesseer volgens aanvaarde metodes deur krematoria, wat geplaas is in ʼn standaard afmeting kissie volgens die grotes in die Muur van Herinnering, sal deur die bewaarder aanvaar word vir plasing.
  2. Slegs plate wat deur die bewaarder voorsien word, sal ter wille van eenvormigheid, aangebring word. Geen inskripsies, foto’s, of enige ander bykomstighede mag by die plaat aangebring word nie.
  3. Blomme of vetplante, word slegs in houers verskaf deur bewaargewer, gesit of geplant word, en sal deur bewaargewer versorg word. Blomme en ruikers sal verwyder word volgens goeddunke van die bewaarder.
  4. Die bewaarder aanvaar nie aanspreeklikheid vir die veiligheid van besoekers aan die tuin nie, hoewel die bewaarder waar moontlik maatreëls sal tref om die tuin so veilig en rustig moontlik te maak.
  5. Die bewaargewer vrywaar die bewaarder teen alle aanspreeklikheid vir enige gebeurlikheid, buite beheer van die bewaarder, wat die oorskot versteur of die omgewing ontwrig.
  6. Indien die bewaargewer nie die nis wil benut nie, is daar geen verhalingreg teenoor die bewaarder nie.
  7. Die maksimum afmetings van as kissies wat in nis sal pas is:
    – Lengte 200 mm                                                                                                                                              – Breedte 100 mm                                                                                            – Hoogte 85 mm                                                                                                                                      Mates is belangrik en kan nie oorskry word nie, anders sal

    as-kissies nie in die nis pas nie.

    1. Nis spasies is ontwerp om enkel of dubbel as-kissies te akkommodeer.
    2. Die bewaargewer se naasbestaandes, of genomineerde, sal verantwoordelik wees om reëlings te tref met die bewaarder, vir die plasing van die oorskot in die nis met die granietplaat soos voorsien deur die bewaarder in die geallokeerde nis.
    3. Die bewaargewer is verantwoordelik om self reëlings met ʼn predikant te tref vir ʼn kort diens vir die plasing van die as-oorskot, nadat die plaat gemonteer is.
  8. Die bewaargewer is verantwoordelik om self reëlings met ʼn predikant te tref vir ʼn kort diens vir die plasing van die as-oorskot, nadat die plaat gemonteer is.
  9. Die bewaarder bevestig hiermee dat die bewaargewer gewaarborg is met die okkupasie van ʼn nis in die Muur van Herinnering.

Muur Van Herinnering Ooreenkoms

Laai ons POPI Wet-dokument hier af:

Eredienstye

Instapdiens

Sondagoggend:  08h30

Aanlyndiens

Sondagoggend: 8h30 - Facebook en Youtube

Kleuter/Kinder & Tienerbedieningstye:

Kleuterbediening (3 - 6 JAAR)

Sondagoggend: 8h30 - Voor diens na die kleuterlokaal

Kinderbediening (Gr 1 – 6)

Sondagoggend: 8h30 - Eers in die diens, en dan uit na die saal

Tienerbediening (Gr 7 – 11)

Sondagmiddag: 16h00 tot 18h00 - In die koffiekamer

KONTAK

Kontaknommer

013-697 4449 / 068 012 6333

Epos

kerk@bgkerk.co.za

Gemeente Whatsapp

068 012 6333

Ds. LPJ (Louis) Cloete

084 512 8207

Ds. AM (Marius) Nel

082 327 7425

Adres

Hans Strydomlaan 70, Emalahleni