FASILITEITE VORM
VOORDAT U DIE VORM INVUL, NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN DIE VOLGENDE BEPALINGS EN VOORWAARDES
- Fasilteite– U onderneem om bogenoemde fasiliteite of toerusting so te benut, dat u dit in dieselfde toestand laat, as waarin u dit ontvang het.
- Kansellasies – Die kerk kan op baie kort kennisgewing u bespreking kanselleer, as gevolg van ‘n onbeplande kerkaktiwiteit (soos ‘n begrafnis), wat voorkeur moet geniet.
- Huwelike Kerkbesprekings – Betalings word benodig ses (6) weke voor die tyd.
- Begrafnisreëlings – Alle begrafnisreëlings word deur die begrafnisondernemer gereël, by die kerkkantoor. Naasbestaandes gaan na die begrafnisondernemer en hy/sy doen alle nodige reëlings vir die kerk, BEHALWE getalle vir broodjies, tee en koffie wat persoonlik deur naasbestaandes by die kerkkantoor gereël moet word.
- Huur van tafels/stoele – Moet voor 12h00vm op die betrokke dag afgehaal word, en terugbesorg word voor 12h00vm, op die afgespreekte dag.
Geen goedere sal oor naweke, op of afgelaai word nie.
- Bedieninge – Reëlings moet minstens drie (3) dae voor die bepaalde dag getref word by die kerkkantoor.
- Lokale – Notas is in lokale aangebring rondom opruiming en versorging van skottelgoed en meubels. Indien daar in ’n lokaal, of op die terrain, iets opmerk wat foutief is, of nie korrek funksioneer nie, moet dit asseblief aan die kerkkantoor gerapporteer word.
- Vergaderings – Lokale sal 15-minute voor aanvangstyd oopgesluit word.
- Klavier – Daar word niemand, behalwe opgeleide of gemeente pianiste, toegelaat om op die kerk se klavier te speel nie.
- Klanktoestel – Geen persone, behalwe die gereëlde persone word by die klanktoestel toegelaat.
- Voedselhouers – Indien eetgoed of kos voorsien word moet houers asseblief binne die volgende week afgehaal word by die kerkkombuis. Na drie (3) maande sal die houers gemerk word as kerkeiendom.
- Muurproppe – Niemand mag enige muurproppe verskuif of uittrek nie.
- Eie risiko – Alle voertuie word op eie risiko op die terrein geparkeer.
- Deposito – U onderneem om ‘n R1 000 deposito voor die funksie te betaal, ten einde u bespreking te bevestig, indien Basileia Gemeente dit sou verlang.
Na afloop van die funksie sal ‘n bedrag terugbetaal word, nadat enige uitstaande koste en breekskade verhaal is.
Bankbesonderhede: NG Kerk Klipfontein Dankoffer
ABSA Tjek Rekeningnommer 1360580020
Takkode 632005
Verwysing: Naam en lokaal
Laai ons POPI Wet-dokument hier af:
Eredienstye
Instapdiens
Sondagoggend: 08h30
Aanlyndiens
Sondagoggend: 8h30 - Facebook en Youtube
Kleuter/Kinder & Tienerbedieningstye:
Kleuterbediening (3 - 6 JAAR)
Sondagoggend: 8h30 - Voor diens na die kleuterlokaal
Kinderbediening (Gr 1 – 6)
Sondagoggend: 8h30 - Eers in die diens, en dan uit na die saal
Tienerbediening (Gr 7 – 11)
Sondagmiddag: 16h00 tot 18h00 - In die koffiekamer
KONTAK
Kontaknommer
013-697 4449 / 068 012 6333
Epos
kerk@bgkerk.co.za
Gemeente Whatsapp
068 012 6333
Ds. LPJ (Louis) Cloete
084 512 8207
Ds. AM (Marius) Nel
082 327 7425
Adres
Hans Strydomlaan 70, Emalahleni