NA BINNE

In 'n gemeente waar betrokkenheid en versorging 'n prioriteit is
Bybelstudiegroepe

Doel van die Bediening

Elke een kan baat vind by bybelstudie.  Die bybel vorm die rigsnoer vir ons lewens en daar bestaan verskeie bybelstudiegroepe in die gemeente.

Hoe om Deel te Word van die Groep
Enige persoon in ons gemeente wat graag by so ’n groep wil inskakel is baie welkom.
Kontak gerus enigeen van die leraars, wat graag sal ondersteun. Indien jy ‘n nuwe bybelstudiegroep wil begin, kontak een van die kontakpersone.

 

 Kontakbesonderhede

                                 Ds. Marius Nel – 0823277425                                                                  Ds. Louis Cloete – 0845128207                                                         Douha Kemp – 0827806813 (Seniors)                           Alida Nieuwoudt – 061 970 6856 (Seniors)

Super Seniors

 “Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red”. (Jesaja 46:4)

Basileia Gemeente is ‘n gemeente waar daar per geleentheid op ‘n Sondag, vier generasies in die erediens verteenwoordig is. Ons glo dat ‘n effektiewe bybelse gemeente nie net uit een generasie kan bestaan nie.

 Die generasie wat al ouer geword het, en onder die 100 jaar ouderdomsgroep val, is vir ons geweldig belangrik. Met ons spiritualiteit wat divers is, doen ons moeite om ook vir hierdie ouderdomsgroep in ons gemeente ‘n tuiste te skep. Op baie terreine is ons ‘onder 100-ders’ vir ons ‘n voorbeeld, met hulle vaste geloof, stewige waardes, respek en ontsag vir God, wat kosbare bakens is op enige geloofsreis.

Die ‘onder-100 jaar’ groep in ons gemeente kom kwaartaaliks op ‘n Donderdag en weekliks op‘n Woensdag in groepe. Verder vergader hulle weekliks in groepe waarin hulle geestelik groei en vir mekaar omgee.

 Ons leuse is ‘Aktief Oudword’ en elkeen word aangemoedig om so aktief te wees as wat hulle liggame hulle toelaat.

Ons uitdaging is om geestelik te groei en om ons getalle aan te vul. Ons droom is om dié wat nie meer vandag se kinders is, maar nog nie oud voel, ook by ons te help inskakel.

 Kontakbesonderhede

                                 Ds. Marius Nel – 082 327 7425                                  Douha Kemp – 082 780 6813

Mannebediening

Die Doel van die Bediening

Om die manne in die gemeente te begelei dat hulle al hoe meer die beeld van Christus sal vertoon.

Aktiwiteite van die Bediening

Daar word jaarliks ‘n mannekamp gehou, hou gerus die almanak dop, asook die afkondiginge in die kerk vir die waar en wanneer. Daar word ook van tyd tot tyd ‘een-dag-retreats’ gehou, en verder is daar dissipelskapgroepe, waar ons mans vroegoggende bymekaarkom. Hier word dan ’n bybelboek bespreek of die boek van die groep se keuse.

Hoe om Deel te Word As lidmaat van die gemeente is jy welkom om betrokke te wees by die bediening, Indien jy deel wil vorm van die werkgroep wat die mansaktiwiteite beplan, kontak gerus die persone hieronder.

Kontakbesonderhede

Ds. Louis Cloete – 084 512 8207

KLEUTER-EN-KINDERBEDIENING (3 JAAR – GRAAD R) en KINDERS (GRAAD 1 – GRAAD 6)

 

Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kinders en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.” (Matteus 19:14)

Die Doel en Aktiwiteite van die Bediening Kinders was, is en sal altyd, ‘n groot prioriteit en fokus in ons gemeente bly.

Die kinderbediening in Basileia Gemeente val nie rond agter elke suksesverhaal nie, maar werk met ‘n duidelike plan en met een doel voor oë, naamlik die effektiewe holistiese bediening van die kind.

Dit vind elke Sondagoggend – skoolvakansies en langnaweke uitgesluit – gelyktydig met die erediens in die saal en koffiekamer plaas.

Ons teikengroep by die kleuter-en-kinderbediening is die kinders van 3 jaar tot Graad 6. Ons het nie meer tradisionele “Sondagskool” nie, maar verdeel in ontwikkelingsfases vir kinderkerk en kleingroepe daarna terwyl die volwassenes in die kerkgebou vergader.

                                          Hoe om Betrokke te Raak                                 • Grootgroepaanbieders, wat verantwoordelik vir die preekbeurt            vir die kinders.                                                                                     

• Multimedia en klank hulp, wat persone verantwoordelik vir die multimedia en klank.

• Groepleiers wat ons kleingroepbesprekings hanteer wat by die kinder-erediens plaasvind.

• Administratiewe beamptes wat help met die administrasie van die kinderkerk.

• Musiekbediening wat die kinders begelei met sang en musiek.

Kontakbesonderhede

Ds. Marius Nel – 082 327 7425

    

Belydenisjaar (Graad 11)

Hierdie vorm die hoogtepunt van ons tienerbediening oor die jare.

Daar word baie spesiale moeite gedoen met die kinders. Ons skop die jaar af met ‘n kamp en doen die Kairos kursus wat handel oor hoe God die wêreld sien en wat Sy plan is.

In die Oktober gaan ons in die skoolvakansie op ‘n kruiskulturele uitreik om die kinders te laat ervaar wat ons in die kursus gedoen het. Dit is ‘n opwindende jaar vir die kinders en vir ons as begeleiers.

Indien jy aan die einde van jou kind se Gr 10 skooljaar, wil hê jou kind moet sy of haar Belydenisjaar (Gr 11 jaar) doen by Basileia Gemeente, Gemeente, vul gerus die vorm in en stuur dit vir ons.

Kontakbesonderhede

                                 Ds. Louis Cloete – 084 512 8207                              Basileia Gemeente Kerkkantoor – 013 697 4449

Tienerbediening (Graad 7 – Graad 10)

Doel van die Bediening

Ons doel is om tieners op so ’n geestelike vlak te bereik dat hulle nie kan ‘NEE’ sê vir Jesus nie. Ons vat hulle terug na die basiese beginsels.

 Samestelling van die Bediening

Daar is ’n bedieningsleier en groepleiers. Die groepleiers hanteer elkeen ’n groepie tieners en die beplanning is, dat as jy met ’n Graad 7 groep begin, en dit is vir jou enigsins moontlik, dat jy hulle deurvat tot hulle belydenisjaar.

Funksionering van die Bediening

Die jeugbyeenkoms vind Sondaemiddae om 16:00 plaas en daar is kleingroepbesprekings tot en met 18h00.

Daar is ook jeugkampe deur die jaar, wat op ons kalender aangemerk sal wees en ook in ons eredienste afgekondig word. Die jeug is vir ons in Basileia Gemeente ’n wesenlike deel van die gemeente.

Hoe om Betrokke te Raak

’n Passie om met tieners te werk is ’n vereiste. maar die heel belangrikste is, dat jy wat met die tieners werk, ’n lewende verhouding met God moet hê.

Indien die Here dit op jou hart lê om betrokke te raak, kan die bedieningsleier of die leraar gekontak word.

Jy word dan by ’n jeuggroep ingedeel en jy word hulle geestelike mentor vir die tyd wat jy by hulle betrokke is. Dit is ook jou verantwoordelikheid om in die week met jou kleingroeplede kontak te behou.

 Kontakbesonderhede

Ds. Louis Cloete – 084 512 8207

Begrafnisse & Muur van Herinnering

In hierdie moeilike tyd wil ons as gemeente graag ‘n hand na jou uitreik en ‘n paar treë op hierdie pad saam met jou stap.

Wanneer jy in hierdie verband hulp benodig kan jy die predikant van jou keuse self kontak of met die kerkkantoor skakel vir hulp in hierdie verband. Die begrafnisondernemer van jou keuse sal jou ook in hierdie verband behulpsaam kan wees.

 Ons het ook ‘n veilige en toeganklike Muur van Herinnering, waar die as van jou geliefde, veilig op die kerkterrein bewaar kan word. Indien jy enige inligting in hierdie verband benodig voltooi die vorm en stuur dit aan ons.

Kontakbesonderhede

                                 Ds. Marius Nel – 082 327 7425                                                                Ds. Louis Cloete – 084 512 8207                              Basileia Gemeente Kerkkantoor – 013 697 4449

Gasvryheid

Doel van die Bediening

Gasvryheidsbediening – ontvangs.

Die doel van hierdie bediening is om die opdrag van die Here Jesus in 1 Petr.4:9 te verwesenlik: “wees gasvry onder mekaar sonder om te kla.” (ou Vertaling). Die lede van die bediening beman die deure voor die aanvangs van die erediens en verwelkom almal wat opdaag. Ons doel is om die vriendelikste en gasvryste gemeente in die land te wees.  Na die oggenddienste drink ons saam koffie en eet lekker tuisgebakte brood.  Covid maak dit op die oomblik bietjie anders, maar ons sal weer die normale doen wanneer ons kan.

Rom.12:13  “…en lê julle toe op gasvryheid…”

Kontakbesonderhede:
Phildi van Venrooy – 082 898 8861

Omgee, Nasorg & Siekebesoek

Doel van die Bediening

Getrou aan ons visie gee ons ook geesvervuld na binne vir mekaar om.  Ons huil saam en lag saam mekaar.  Hierdie bediening fokus daarop om kontak te maak en besoeke te doen by persone wat deur predikante besoek is – veral siekte.  Opvolg vind plaas dmv oproepe, ‘n WhatsApp of besoeke.  Dit word weekliks bestuur vanuit die kerkkantoor.

Hoe om betrokke te raak

Enigeen met ’n passie vir omgee, opvolg en versorging van siekes is welkom. Indien jy self omgee, nasorg of siekebesoek verlang of ingaan vir ‘n operasie, klik asb op die skakel wat jou na die omgee vorm sal neem.  Vul dit in en stuur dit aan ons.

Kontakbesonderhede

 Basileia Gemeente Kerkkantoor – 013 697 4449. 

Huweliksvoorbereiding

Basileia Gemeente glo in die huwelik as ’n instelling van God en daarom wil ons nie ligtelik daarmee handel nie.  Om te trou is nie moeilik nie, maar om gelukkig getroud te wees, is dikwels ‘n groter uitdaging. Hierdie bediening help julle as paartjie om goed af te skop en met ‘n paar Bybelse beginsels hierdie reis aan te pak.  Ons maak gebruik van ‘n DVD-reeks vir hierdie voorbereiding.  Julle werk hierdie DVD’s eers alleen deur en kontak dan jou predikant van voorkeur as julle klaar is om dan met julle daaroor saam te gesels.

Wat maak ek as ek wil trou?

Kontak die spesifieke predikant wat jy wil hê jou huwelik moet bevestig. Voltooi die huweliksvorm en stuur dit aan ons.

Kontakbesonderhede

                            Ds. Louis Cloete – 084 512 8207                               Ds. Marius Nel – 082 327 7425

Kerkkantoor
013-697 4449 (Weeksdae 08h00-12h00)

Vrouebediening / Vrouetee / Vrouekampe

Klipfontein, Basileia sussie hier is ‘n paar plekke waar jy kan deel word van die hartklop van die gemeente.  Elma Nel nooi julle uit om ons en al die ander sussies van die gemeente te kom leer ken en om saam te kom werk en groei.

Vrouetee
Elke jaar word ‘n bekende persoon gevra om die dames toe te spreek op ‘n Saterdagmiddag.  Gewoonlik in Maart, maar hou die afkondiginge dop.

Vrouekamp
Ons kamp feestelik saam een keer per jaar.  Hou die almanak dop en moet dit nooit mis nie.  Hier maak ons regtig vriende met mekaar en geniet die eenheid en liefde wat die Here vir ons bedoel het.  As jy wil help met kampe , meld aan!  Saamkom is nie ‘n opsie nie, want ons wil jou so graag leer ken.  Ons sien uit om jou daar te sien die jaar!

Kontakbesonderhede:
Elma Nel – 083 234 8049

terrein & Geboue

  Doel van die bediening
Die Here het aan ons gemeente baie goeie doelmatige geboue gegee.  Ons moet hierdie geboue goed oppas en versorg ook vir die geslagte na ons wat hierdie geboue gaan gebruik.

Die kerkraad strewe daarna om altyd genoeg fondse daar te stel om die geboue goed te versorg. Dit is die passie van die bediening om juis dit te doen en uit te voer.

Hoe om betrokke te raak
Indien geboue en die instandhouding daarvan vir jou belangrik is, wil ons jou graag betrek.

Kontakbesonderhede: 
Basileia Gemeente Kerkkantoor – 013 697 4449

Indien jy van ons geboue / lokale gebruik wil maak voltooi die vorm en stuur dit vir ons.

DoopvoorbereidinG

Die doop van jou kind is vir ons ‘n baie spesiale en betekenisvolle geleentheid. In die lig hiervan spandeer ons baie tyd aan die voorbereiding van jou as ouer.  

By vier geleenthede gesels ons lekker saam oor die betekenis van die verbond wat God met jou kind sluit,  jou eie doop en die betekenis daarvan vir jou.  

Verder gesels ons oor hoe ‘n mens op hierdie verbond antwoord en hoe julle as ouers julle kind hierin kan begelei.  Hierdie voorbereiding vind twee keer ‘n jaar oor vier weke plaas.  

Jy kan een van die twee geleenthede kies en die voorbereiding is vir twee jaar geldig. Februarie en Augustus op Woensdagaande – 18h30-20h00

Voltooi en stuur die Doopvoorbereidingsvorm aan ons.

Eredienstye

Instapdiens

Sondagoggend: 8h30

Aanlyndiens

Sondagoggend: 8h30 – Facebook en Youtube

Kleuter/Kinder & Tienerbedieningstye:

Kleuterbediening (3 – 6 JAAR)

Sondagoggend: 8h30 – Voor diens na die kleuterlokaal

Kinderbediening (Gr 1 – 6)

Sondagoggend: 8h30 – Eers in die diens, en dan uit na die saal

Tienerbediening (Gr 7 – 11)

Sondagmiddag: 16h00 tot 18h00 – In die koffiekamer

KONTAK

Kontaknommer

013-697 4449 / 068 012 6333

Epos

kerk@bgkerk.co.za

Gemeente Whatsapp

068 012 6333

Ds. LPJ (Louis) Cloete

084 512 8207

Ds. AM (Marius) Nel

082 327 7425

Adres

Hans Strydomlaan 70, Emalahleni