NA BO

In 'n verwonderende liefdesverhouding met God
GEBEDSBEDIENING & KAPEL

Die Doel van die Bediening.

Gebed vorm die basis van enige bediening en aktiwiteit in ons gemeente.

Gebed moet alles “mariner.” Tydens ons gebedsgeleenthede is daar die verwagting van ’n werklike ontmoeting deur Heilige Gees, met Vader en Jesus.

By die gebedsbediening word die verskeidenheid van gebedsgeleenthede van die gemeente beplan en geskeduleer. Verder word vanuit die bediening ook geskakel met ander gebedsinisiatiewe in ons eie stad, provinsie en landswyd. Ons reël ook gebedstoerustingsgeleenthede.

Gebedsaktiwiteite

Weekliks: ‘n Gebedsgroep kom by ons Kapel elke Donderdagoggend bymekaar, vanaf 06:00-06:45, met veral ’n stadsfokus.

Jaarliks word ’n week van gebed aangebied. Daar is ‘n gebedsslot tydens eredienste en daar word tydens lofsang vir persone wat vorentoe kom, gebid deur hierdie bediening.

 Gebedsversoeke

Versoeke kan aan Pierré Booysen of Irma Sparkham deurgegee word.

Dit word dan aan lede van ’n gebedsketting gestuur wat intensief daarvoor intree.

  Raak Betrokke

Daar het ook WhatsApp gebedsgroepe ontstaan wat baie effektief funksioneer.

Indien jy deel daarvan wil wees kontak gerus vir Pierré Booysen. Het jy gebed nodig? Vul die vorm in en stuur dit aan ons.

 Kontakpersone

                                       Pierré Booysen – 072 436 1033                                         Irma Sparkham – 082 453 1221

EREDIENSTE / AANLYN EREDIENSTE

Doel van die Bediening

Ons eredienste fokus sentraal op die woord, lof en aanbidding, en bediening van mekaar. Ons het ‘n gemaklike manier van kerkwees en probeer om dit so in te rig dat almal iewers tuis sal voel.

 Ons glo in die saamkom van gelowiges en daarom is ons dienste in die kerkgebou ons primêre fokus, maar ons bied ook ‘n verskeidenheid van ander platforms en maniere waarop jy in ons eredienste kan deel. 

Maak seker dat jy aan een van ons WhatsApp groepe behoort, sodat jy al die digitale skakels vir die dienste kan ontvang.

 Eredienstye

Instapdiens in ons kerkgebou:  Sondagoggend – 08:30
Aanlyndiens:  Facebook en Youtube – 08:30 

Kleuter/Kinder & Tienerbedieningstye
Kleuterbediening (3 – 6 jaar)

Sondagoggend: 8h30 – Voor diens na die kleuterlokaal

Kinderbediening (Graad 1 – 6)

Sondagoggend: 8h30 – Eers in die diens, en dan uit na die saal

Tienerbediening (Graad 7 – 11)

Sondagmiddag: 16h00 tot 18h00 – In die koffiekamer

SANGBEDIENING

Doel van die Bediening

Die hoofdoel is die bediening van lof en aanbidding tydens eredienste. Die gemeente word op verskillende wyses gelei in sang. Sommige speel instrumente, ander sing en ander lei die lof en aanbidding.

Die gemeente word hierdeur ook aan nuwe liedere voorgestel. Die sang bediening neem ook die aktiewe rol tydens die jaarlikse kers sangdiens, tensy anders gereël.

  Samestelling van die Bediening
Die bediening word saamgestel deur die volgende:

• Sangers       • Musikante

 • Lof en aanbidding leiers

Die hele sang bediening oefen elke Donderdagaand van 18h00 – 20h00.

Hoe om Betrokke te Raak
Om musiek te kan maak of te kan sing is ’n wonderlike voorreg. Die moontlikhede van hierdie bediening is eindeloos. As hierdie bediening vir jou is, word jy uitgenooi om, as deel van die groep, deel te word van ’n wonderlike reis. Kontak gerus die bedienings leier.

Kontakpersoon

Elma Nel – 083 234 8049

 

Eredienstye

Instapdiens

Sondagoggend:  08:30

Aanlyndiens

Sondagoggend: 8h30 – Facebook en Youtube

Kleuter/Kinder & Tienerbedieningstye:

Kleuterbediening (3 – 6 JAAR)

Sondagoggend: 8h30 – Voor diens na die kleuterlokaal

Kinderbediening (Gr 1 – 6)

Sondagoggend: 8h30 – Eers in die diens, en dan uit na die saal

Tienerbediening (Gr 7 – 11)

Sondagmiddag: 16h00 tot 18h00 – In die koffiekamer

KONTAK

Kontaknommer

013-697 4449 / 068 012 6333

Epos

kerk@bgkerk.co.za

Gemeente Whatsapp

068 012 6333

Ds. LPJ (Louis) Cloete

084 512 8207

Ds. AM (Marius) Nel

082 327 7425

Adres

Hans Strydomlaan 70, Emalahleni