Rom.1:16 “Vir hierdie goeie nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring redding vir elkeen wat glo – heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-Jode. 17. Hierdie goeie nuus maak bekend dat God ons van ons sondes vryspreek. En dit het gebeur enkel en alleen omdat ons glo. Soos die Skrif sê: “Elkeen wat vrygespreek word omdat hy glo, sal lewe.”
Skaam ons ons vir die evangelie, die goeie nuus van God se verlossing in en deur Sy Seun Jesus se kruisdood en opstanding?
Wanneer ek Paulus se brief aan timotheus lees, dan lyk dit vir my of hy hom skaam en dat dit gelei het dat hy die geleenthede wat Heilige Gees vir hom voorberei het, nie gebruik het nie.
Ek dink daar is verskei redes voor en kom ons kyk na ‘n paar.
> Glo ons nog regtig die Woorde van Jesus waar hy sê: Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe nie, behalwe deur my! Die golf van dat elke mens deur sy eie keuse verlos sal word en vir ewig sal lewe, het ook oor ons gespoel en maak dat ons sommige dae nie openlik die evangelie wil deel nie.
> Vanwee ons eie verhouding met Vader en Jesus en Heilige Gees het ons ‘n stuk stoom verloor. Ons is self net nie meer so entoesiasties oor die evangelie nie.
> Humanisme wat sê elkeen vir homself, het ons vrymoedigheid kom steel. In baie lande mag jy nie meer iemand anders met jou geloofsoortuiging konfronteer nie. dit het al in ons lewens ingespoel.
> Dit kan maak dat ons nie meer so diep besorgdheid het vir iemand anders se ewigheidsbestemming nie.
> Wat maak jou skaam? Waarom is dit nie so belangrik meer vir ons nie? Somtyds wil ons net nie in iemand anders se persoonlike ruimte inmeng nie. Ons sal liewer iemand in die hel sien as verleë.
Ek hoor graag oor hoe jy dink hieroor.
Ds. Louis
Ek stem saam met die stellings hierbo. Mense hou hulself liewer eenkant as om hulself bloot te stel om ander te lei want daar is so baie teenkanting wanneer jy van die evangelie begin praat. Na my mening ontbreek die vrymoedigheid by baie mense en moontlik omdat hulle voel dat hulle nie die reg het om ander aan te spreek nie. Ek glo dat mense steeds besorg is oor ander se ewigheidsbestemming maar nie weet hoe om dit aan te spreek nie.
Die vyand steel gewoonlik ons vrymoedigheid. Ons moet altyd daar teen waak.