So rukkie gelede sit ek met iemand en gesels en merk ‘n besondere ‘tattoo’ op die persoon se arm, en vra uit oor die betekenis daarvan. Ek is toe vertel wat die oorsprong en betekenis daarvan is. Daardie aand sit ek en wonder, “Sê nou maar ek moet iets op my arm ‘tattoo’, wat sou dit wees?”
Wat by my opgekom het is nie ‘n prentjie nie, maar lewens waardes wat oor die jare ‘ingeëts’ is in my lewe. Daar is vyf van hulle en ek wil dit vandag met jou deel.
- Sê “ja” en ek het altyd ‘n storie om te vertel.
So dikwels sê ons “nee” vir die avontuur van die lewe. Sit ‘n oomblikkie terug en dink oor jou lewe. Baie maal het ons nie ‘n storie om te vertel nie. Ek praat van ons as Christene. Dit gaan nie oor die verkeerde nie, maar oor die bruising van die lewe. Neem deel, lewe! Beperk die “nee ’s” tot die minimum.
So dikwels sê ons “nee” vir die avontuur van die lewe. Sit ‘n oomblikkie terug en dink oor jou lewe. Baie maal het ons nie ‘n storie om te vertel nie. Ek praat van ons as Christene. Dit gaan nie oor die verkeerde nie, maar oor die bruising van die lewe. Neem deel, lewe! Beperk die “nee ’s” tot die minimum.
- By ons hemelse Vader is daar altyd ‘n môre.
Ek is ‘n hoopvolle mens, maar somtyds raak ons so vasgeverf in ‘n dag dat ons perspektief verloor op wie God is. Hy het altyd ‘n môre. By Hom is daar altyd ‘n tweede kans. Vir my hang hierdie waarheid ten nouste saam oor hoe ek teenoor ander lewe. Gee ek ander ‘n kans tot ‘n nuwe môre, of oordeel ek, en ontneem hulle van herstel en aanbeweeg en groei?
- Luister na mense se stories met sagtheid en deernis.
As daar nou een ding is op hierdie tydstip van my lewe wat my grief, dan is dit oor hoe ons ‘n opinie kan hê oor ander en oordeel. Dit is so belangrik om net ruimte te laat vir iemand anders se storie. Luister dit uit, moenie in die versoeking val om jou eie storie op die tafel te sit nie. Praat en luister met sagtheid, begrip en deernis.
- Ek is ‘n medewerker aan my eie toekoms.
Vader, Jesus en Heilige Gees is deel van my lewe, maar ek sit nie passief en kyk hoe my lewe net gebeur nie. Ek neem besluite, neem verantwoordelikheid en glo dat God drie-enig, soos ‘n goue draad betrokke is in hoe ek die tapisserie van my lewe vleg.
Ek is daar en Hy is daar en saam is dit my lewe. Dit het gemaak dat ek baie meer in die oomblik lewe as vroeër in my lewe. Lewe! Neem besluite en leef. Maak besluite, ken God daarin en sien jouself as ‘n aktiewe medewerker aan jou eie toekoms. Hierdie waarheid het ook gemaak dat ek besef het dat die lewe nie gaan oor blameer nie. Dit gaan oor sê “ja” en lewe.
- Tree terug en luister na iemand anders, tree jy vorentoe wil jy jouself laat geld.
Wil jy soos Jesus wees of wil jy reg wees? Ek sal dit op my handpalms graveer want ek wil leef met ‘n nederige ingesteldheid. Vir my word hierdie stelling begrond in die vrug van die Gees. Die lewe gaan nie oor konflik en baklei en om jouself te laat geld nie. Dit gaan oor Hom in wie se voetspore ek loop – Jesus – wat Sy plek in die hemel opgegee het, mens geword het, slaaf en uiteindelik, ‘n misdadiger aan ‘n kruis. Hy het terug getree en wanneer ek dit doen sal Pappa Vader my ook raaksien.