Na Buite

In 'n gemeenskap buite ons gemeente vir wie ons Jesus se hande en voete wil wees, sodat Sy Koningryk kan kom
Sending

Die Doel van die Bediening
Die sendingwerksgroep streef daarna om na bo, na binne en na buite, ons visie uit te leef.  Na bo, vertrou ons op die Here vir wysheid en insig om ons take uit te voer en om Hom te behaag.  Somtyds kos dit ons om ons eie idees eenkant toe te skuif en ruimte in ons harte te maak vir iets anders. 

 

Na binne is dit ons oortuiging om die gemeente meer betrokke te kry, nie net by die Geloofsoffer nie, maar ook by projekte, uitreike en met die sendelinge persoonlik. 

Na buite, poog ons om betrokke te raak by evangelisasie projekte asook sendeling ondersteuning in die buiteland, veral onder onbereikte mensegroepe.

 

Die Geloofsoffer is ‘n integrale deel van die sendingwerksgroep se aktiwiteite.  Die toedeling van finansies aan sendelinge en die besteding van die oorblywende finansies aan behoeftes, projekte en uitreike.  Die Geloofsoffer word jaarliks hernu, maar enige iemand kan enige tyd betrokke raak.  ‘n Persoon hoor by die Here hoeveel hy/sy die Here moet vertrou om ‘n maandelikse ooreenkoms met Hom aan te gaan. 

 

Die sendingwerksgroep kontroleer nie die inbetalings nie en dus word niemand aangemaan oor of hy inbetaal of nie.   Dit is totaal tussen die individu en die Here. 

Ons gebruik slegs die syfers om ‘n begroting te kan opstel.

 

Hoe om Betrokke te Raak
Ons sien almal in die gemeente as deel van hierdie bediening, want ons glo dat ons nie mag bestaan as ons nie ‘n sendinghart vertoon nie.  Enige behoefte of betrokkenheid word tydens eredienste aan gemeentelede bekend gemaak.  Waar Heilige Gees met jou praat om betrokke te raak, wees gehoorsaam en doen dit.

 

As jy graag deel van die werkgroep wil wees waar die beplanning van die sendingwerkgroep gedoen word, skakel enigeen van die onderstaande persone.

Om betrokke te raak by ons sendingbediening, deur middel van jou Geloofsoffer, vul asb die Geloofsoffer belofte vorm in.

 

Kontakbesonderhede

Deon Delport – 081 487 3374

 

Bankbesonderhede
Ng Witbank-Klipfontein Sending
Bank: ABSA Tjekrekening
Rekeningnommer: 1360 150 387

Saadbediening / Ogies

Ongeveer vier jaar gelede het die NG Kerk op Ogies sy deure gesluit en die gemeente het by Witbank Suid ingeskakel.  Deur verskeie wonderwerke, is Basileia Gemeente instaat gestel om die kerkgebou met alle buitegeboue aan te koop.

 

Tans huisves die perseel een van ons kinderhuise en daar word groente verbou vir die kinderhuise.  Die kerkgebou word uitverhuur en die saal tot beskikking van die gemeenskap daargestel.  

 

Ons noem dit die saadprojek en dit is ‘n ten volle geloofsbediening.

Dra gerus by tot daardie projek deur middel van die Dankofferrekening.



Bankbesonderhede

Bank: ABSA Tjekrekening

Rekeningnommer: 1360 5800 20

Verwysing: Saadprojek

Finansies

Die Doel van die Bediening

Die Finansies bediening hanteer die oorsig van die bestuur van die gemeente finansies volgens algemene rekenkundige praktyk.  Toesig word gehou oor elke bediening se begroting en die algemene begroting van die gemeente,en alle inkomstes en uitgawes word bestuur.

 

Dankoffers
Ons gemeente se skeppingsdoel is om te kan gee sodat ons weer kan weggee.  Elke lidmaat is verantwoordelik om self sy/haar Dankoffer in te betaal, of in te gee by die kerk.  Elke bediening het fondse nodig om te kan voortbestaan en dit kom net van lidmate af wat getrou gee.

 

Hoe om jou Dankoffer / Ander Gelde te Gee
Gelde kan tydens kantoorure by die kerkkantoor inbetaal word, waarna daar ‘n kwitansie uitgereik sal word.  Versoek asseblief deurentyd ‘n kwitansie om die beheer van kontant fondse te vergemaklik. Kaart transaksies word ook deur die die kerkkantoor hanteer en EFT oorbetalings word verwelkom.

 

Hoe om te Verseker dat Gelde vir ‘n Spesifieke Projek Aangewend Word
Indien jy vir ‘n spesifieke projek gelde wil gee, dien die projek se naam as ons verwysing.

 

Hoe om Betrokke te Raak
Enigeen wat betrokke wil raak by die bediening moet asseblief die bedieningsleier of vir Adri Lenting in die kerkkantoor skakel.

 

Kontakbesonderhede
Bedieningsleier:  Henry Pearson – 082 927 7409
Finansiële beampte: Adri Lenting – 013 697 4449

 

Bankbesonderhede

Bank: ABSA Tjekrekening

Rekeningnommer: 1360 5800 20

Nood & Armoede (Rizpah / Springvalley / Edenpark)

Die Doel van die Bediening
Die Nood-en-Armoedebediening van die gemeente is ‘n bediening wat grootendeels op die na-buite visie van die gemeente fokus.  Deur ‘n betrokkenheid by die nood van die stad wil die bediening God se hande en voete wees in die verligting van nood en seer waar dit ons pad kruis. 

 

So is ons by vele projekte betrokke, waarvan die uitdagendste, die

Rizpah hulparm is. In samewerking met die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) is daar ’n interkerklike aksie gestig, wat vrouens gebruik om te help met die dag tot dag versorging van die kinders in die huise.

 

Hierdie bediening vorm een van die ankerpunte van ons gemeente.  Dit onderskryf ons waarde van diensbaarheid.

 

Hoe om Betrokke te Raak
Daar is deurlopend deur die jaar verskeie geleenthede waarby jy betrokke kan raak.  Dit word grotendeels by ons eredienste aangekondig en jy word genooi om deel te wees. Indien jy by enige van die bogenoemde projekte wil betrokke raak, of indien jy by die projekspan wil inskakel, wat die bediening beplan en implimenteer in die gemeente, kontak gerus vir Erika Visagie by die Rizpah bediening.

 

Kontakbesonderhede
Erika Visagie – 072 740 1424 

Markus Visagie –

0792914675

Bankbesonderhede
Rizpah Ministry NPO
Bank: FNB Tjekrekening
   Rekeningnommer: 628 9989 7973

Voedselprojek

Die Doel van die Bediening
Hierdie bediening is die verrigting van Galasiërs 6:2, “Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee so uitvoering aan die wet van Christus.” Ons doel is om liefde, barmhartigheid en omgee in ons gemeenskap uit te leef. 

 

’n Groep lidmate kom maandeliks byeen en verpak die kos/kruideniersware pakkies.  Die begunstigdes van hierdie bediening is gesinne en individue, wat krisistye beleef en waarlik afhanklik is van die kos/kruideniersware wat ons aan hulle voorsien.

 

                   Hoe om Betrokke te Raak

  • Sluit aan by die span wat maandeliks die kos moet verpak.
  • Maak skenkings vir die kos/kruideniersware en kontak gerus met die    

             bedieningsleier om uit te vind wat jy kan skenk.

  • Maak maandeliks ’n finansiële bydrae by die kerkkantoor, of betaal direk in die       

             Voedselprojek bankrekening in, met die verwysing: “Voedselprojek.”

Hoe om Hulp by die Voedselbediening te Kry
Indien jy of jou gesin finansieel deur ’n moeilike tyd gaan, of indien jy iemand ken wat hulp benodig, kan die bediening gekontak word vir hulpverlening.  

Ons is ook sensitief met betrekking tot privaatheid.

 

Kontakbesonderhede

Basileia Gemeente Kerkkantoor

-0136974449

Anita Naude – 073 828 3911

 

Bankbesonderhede

Ng Witbank-Klipfontein
Bank: ABSA Tjekrekening
Bankrekeningnommer: 935 012 7082

Verwysing: Voedselprojek

Volwasse Belydenis van Geloof

Mense wonder dikwels of hulle saak met die Here reg is en hoe dit reggemaak kan word.  Hierdie is ‘n geleentheid waar jy ernstig met iemand oor jou eie geloofsekerheid en persoonlike verhouding met Jesus kan gesels.  

 

Dit is ‘n een-tot-een geleentheid, waar jy alleen, met iemand oor die verloop van ‘n paar weke kan gesels.

 

Sou jy hierin belangstel om as volwassene (naskool) belydenis van jou geloof in die gemeente aftelê en so ‘n lidmaat van ons gemeente te word, voltooi en stuur die vorm vir ons.

 

Kontakbesonderhede
Basileia Gemeente Kerkkantoor – 013 697 4449

Stadsbediening (Shelter / Fraternal / Kinderhuise)

Doel van die Bediening
Ons is ‘n gemeente met ‘n sterk stadsvisie.  Ons glo dat ons deur God, vir ‘n tyd soos hierdie, hier geplaas is.  Ons glo dat jy werk waar jy moet werk en dat God jou daar geplaas het met ‘n opdrag en dit is om die markplein bedienaar daar te wees. 

 

Daarom bemagtig ons van tyd tot tyd alle lidmate.

Jy moet weet dat waar jy is, jy moet bid dat God se koninkryk daar sal kom,

waar jy beweeg in ons stad, jy vrede moet bid en spreek. 

 

Derhalwe het die gemeente ingewillig om elke maand se oorskot in die stad in te saai.  hetsy in bestaande projekte waarmee iemand die stad dien, of daar waar ons self die Here vertrou vir ‘n projek waarby ons betrokke kan raak. Baie van ons bedieninge het ‘n stadsfokus, van die kinders tot by die “onder-100” bediening. 

 

Ons het daarom ook die geloofsstap geneem en ‘n huis aangekoop in die dorp wat slaapplek bied vir hawelose mense.  Ons doen dit in samewerking met Jabez bediening in ons stad.  (Op die oomblik is die bestaande Shelter verkoop en beplan ons om in die toekoms in ‘n ander deel van ons stad weer ‘n huis te koop en in ‘n Shelter te omskep). 

 

Dit is ook die rede vir ons ook kinderhuise wat uit en uit ‘n stadsprojek is.

Ons leraars is aktief betrokke by die Witbank Fraternal en beywer hulle daar vir die totstandkoming van ‘n groter eenheid tussen die verskillende christen kerke. 

Ons stad is God se stad!  Ons praat dit, leef dit, bid dit en doen dit!

 

Hoe om Betrokke te Raak
Indien u by die Shelter betrokke wil raak, kontak vir Odette Rossouw – 072 704 9048
Indien u by die kinderhuise betrokke wil raak, kontak vir Erika Visagie – 072 740 1424
Indien u by die bediening betrokke wil raak, skakel vir Ds. Louis Cloete – 084 512 8207

Eredienstye

Instapdiens

Sondagoggend: 8h30

Aanlyndiens

Sondagoggend: 8h30 – Facebook en Youtube

Kleuter/Kinder & Tienerbedieningstye:

Kleuterbediening(3 – 6 JAAR)

Sondagoggend: 8h30 – Voor diens na die kleuterlokaal

Kinderbediening (Gr 1 – 6)

Sondagoggend: 8h30 – Eers in die diens, en dan uit na die saal

Tienerbediening (Gr 7 – 11)

Sondagmiddag: 16h00 tot 18h00 – In die koffiekamer

KONTAK

Kontaknommer

013-697 4449 / 068 012 6333

Epos

kerk@bgkerk.co.za

Gemeente Whatsapp

068 012 6333

Ds. LPJ (Louis) Cloete

084 512 8207

Ds. AM (Marius) Nel

082 327 7425

Adres

Hans Strydomlaan 70, Emalahleni