Bedienings

NA BO

Ons as gemeente wil ‘n familie wees wat God drie-enig vereer. Ons vereer Hom deur: Gebed, Eredienste en ons Sangbediening

GEBEDSBEDIENING & KAPEL

Die doel van die bediening. Gebed vorm die basis van enige bediening en aktiwiteit in ons gemeente. Gebed moet alles “marineer”. Tydens ons gebedsgeleenthede is daar die verwagting van ’n werklike ontmoeting deur Heilige Gees, met Vader en Jesus. By die gebedsbediening word die verskeidenheid van gebedsgeleenthede van die die gemeente beplan en geskeduleer. Verder word vanuit die bediening ook geskakel met ander gebedsinisiatiewe in ons eie stad, provinsie en landswyd. Ons reël ook gebedstoerustingsgeleenthede. Gebedsaktiwiteite. Weekliks –daar is ’n gebedsgroep wat by ons Kapel elke Donderdagoggend vanaf 06:00-06:45 bymekaar kom en veral ’n stadsfokus het tydens die byeenkomste. Gebedsversoeke kan aan Pierré Booysen 072 436 1033 en/of Irma Sparkham 082 453 1221 deurgegee word . Dit word dan aan lede van ’n gebedsketting gestuur wat intensief daarvoor intree. Jaarliks word ’n week van gebed aangebied. Daar is ‘n gebedsslot tydens eredienste en daar word tydens lofsang vir persone wat vorentoe kom, gebid deur hierdie bediening. Daar het ook Whatsapp gebedsgroepe ontstaan wat baie effektief funksioneer. Indien jy deel daarvan wil wees kontak gerus vir Pierré Booysen 072 436 1033. So twee jaar gelede het die Here ons gelei om ‘n gebedskapel te bou hier by die kerk en dit is gedoen met die vrywillige bydraes van gemeentelede. Hy is bedags oop en enigeen is welkom om die Kapel deur die dag te besoek.

Het jy gebed nodig? Vul die vorm in en stuur dit aan ons.

EREDIENSTE / AANLYNEREDIENSTE

Ons eredienste fokus sentraal op die Woord, Lof en Aanbidding en bediening van mekaar.  Ons het ‘n gemaklike manier van kerkwees en probeer om dit so in te rig dat almal iewers tuis sal voel.  Ons glo in die saamkom van gelowiges en daarom is ons dienste in die kerkgebou ons primêre fokus, maar ons bied ook ‘n verskeidenheid van ander platforms en maniere waarop jy in ons eredienste kan deel.  Maak seker dat jy aan een van ons WhatsApp groepe behoort, sodat jy al die skakels vir die dienste kan ontvang.

Eredienstye:
Instapdiens in ons kerkgebou:  Sondagoggend:  08:30
Aanlyndiens:  08:30   (FB & YouTube)
Aanlynaandkursus:  18:00 (FB & YouTube)
Aanlyn Tienerdiens 18:00 (FB & YouTube)

Kleuter/Kinder & Tienerbedieningstye:
Kleuterbediening (3jaar – Gr R):  08:30 direk in die Kleuterlokaal
Kinderbediening (Gr 1 – 6):  08:30  (Sing eers saam in Kerk bewees dan uit na lokale)
Tienerbediening (Gr 7 – 11):  16:00 in die kerksaal

SANGBEDIENING

Die hoofdoel is die bediening van lof en aanbidding tydens eredienste. Die gemeente word op verskillende wyses gelei in sang. Sommige speel instrumente, ander sing en ander lei die lof en aanbidding. Die gemeente word ook aan nuwe liedere voorgestel. Hulle neem ook die aktiewe rol tydens die jaarlikse kerssangdiens, tensy anders gereël. Ons oefen Donderdae aande om 18h00-20h00.

Samestelling van die bediening.
Musikante. Sangers. Lof en aanbiddingsleiers.
Hoe om betrokke te raak.
Om musiek te kan maak en/of te kan sing is ’n wonderlike voorreg. Die moontlikhede van hierdie bediening is eindeloos. As hierdie bediening vir jou is, word jy uitgenooi om deel te word van ’n wonderlike reis as deel van die groep. Kontak die bedieningsleier.
Kontakpersoon: Elma Nel 083 234 8049

BEDIENINGS

GOD

NA BINNE

Ons na Binne bedieninge is een van die pilare waarop ons visie staan. Ons gemeente wil as Liggaam van Christus vir mekaar omgee en mekaar versorg. Ons versorg na Binne deur onderlinge liefde te leef (1 Kor.13), saam te kom in familiegroepe, Bybelstudiegroepe, Dissipelskapgroepe, swakkes en siekes te versorg, om te sien na die welstand van huwelike en gesinne. Die bedieninge wat nou volg val almal onder die Na Binne van ons visie

Bybelstudiegroepe

Doel van die bediening. Enigeen kan baat vind by Bybelstudie.  Die Bybel vorm die rigsnoer vir ons lewens en daar bestaan verskeie Bybelstudiegroepe in die gemeente. Hoe om deel te word van so ’n groep:
– Enige persoon in ons gemeente wat graag by so ’n groep wil inskakel is baie welkom.
– Kontak gerus enigeen van die leraars en hulle sal jou graag ondersteun.  Indien jy ‘n nuwe Bybelstudiegroep wil begin kontak een van die leraars.

Kontakpersone:
Ds. Louis 084 512 8207, Ds. Marius 082 327 7425, Elma Cloete 082 891 9089, Douha Kemp 082 780 6813  (seniors), Alida Nieuwoudt  061 970 6856 (seniors)

Blou Saffiere

“Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra.  Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red”. (Jesaja 46:4)

Basileia Gemeente is ‘n gemeente waar daar per geleentheid op ‘n Sondag, 4 generasies in die erediens verteenwoordig is.  Ons glo dat ‘n effektiewe Bybelse gemeente nie net uit een generasie kan bestaan nie.  Die generasie wat al ouer geword het en onder die 100 jaar ouderdomsgroep sorteer, is vir ons geweldig belangrik.  Ons Spiritualiteit is divers en daarom doen ons moeite om ook hierdie ouderdomsgroep in ons gemeente tuis te laat voel.  Op baie terreine is julle vir ons ‘n voorbeeld.  Vaste Geloof, stewige Waardes en Respek en Ontsag vir God is kosbare bakens op ons geloofsreis.

Die onder 100 jaar groep in ons gemeente kom maandeliks tydens ‘n Donderdagoggend om 09:30 by die kerk bymekaar.  Verder vergader hulle weekliks in groepe waarin hulle geestelik groei en vir mekaar omgee.  Ons leuse is Aktief Oudword – elkeen word aangemoedig om so aktief moontlik te wees soos hulle liggame hulle toelaat om te wees.

 Ons uitdaging is om Geestelik te groei en om ons getalle aan te vul.  Ons droom is om dié wat nie meer vandag se kinders is, maar nog nie oud voel, ook by ons te help inskakel.  Ds. Marius Nel is die predikant wat hier help.

Kontakpersone: 
Ds. Marius 082 327 7425 en Douha Kemp 082 780 6813

Mannebediening

Die doel van die bediening. Om die manne in die gemeente te begelei dat hulle al hoe meer die beeld van Christus sal vertoon. Aktiwiteite van die bediening. Daar word jaarliks ‘n mannekamp gehou, hou die almanak dop en die afkondiginge in die kerk vir wanneer.  Daar word ook van tyd tot tyd retreats gehou vir so  een dag vir manne en verder is daar dissipelskapgroepe vir mans wat vroegoggende bymekaarkom.  Daar word dan ’n Bybelboek bespreek of die boek van die groep se keuse.

Hoe om deel te word:
As jy ’n lidmaat is van die gemeente is jy deel van die bediening, maar as jy deel wil vorm van die werkgroep wat die mansaktiwiteite beplan  kontak vir Ds. Louis 084 512 8207 of Roland Du Plessis 083 678 9069.

Kleuter- en Kinderbediening (3 jaar – Gr R & Kinders Gr1 – Gr 6)

“Maar Jesus het gesê: “Laat staan die kinders en moet hulle nie verhinder om na My toe te kom nie, want die koninkryk van die hemel is juis vir mense soos hulle.” (Matteus 19:14)

Die doel en aktiwiteite van die bediening
Kinders was, is en sal altyd ‘n groot prioriteit en fokus in ons gemeente bly.  Die kinderbediening in Basileia Gemeente val nie rond agter elke suksesverhaal nie, maar werk met ‘n duidelike plan en met een doel voor oë, naamlik die effektiewe holistiese bediening van die kind.  Dit vind elke Sondagoggend  -(uitgesluit skoolvakansies en langnaweke) – gelyktydig met die erediens in die saal en koffiekamer plaas.

Ons teikengroep by die kinderbediening is die kinders van 3jr tot Graad 6.  Ons het nie meer tradisionele “Sondagskool” nie, maar verdeel in ontwikkelingsfases vir kinderkerk en kleingroepe daarna terwyl die volwassenes in die kerkgebou vergader.

Hoe om betrokke te raak
– Grootgroepaanbieders
– hulle is verantwoordelik vir die preekbeurt vir die kinders.                                       – Dan is daar persone verantwoordelik vir die multimedia en klank.
– Die groepleiers hanteer die kleingroepbesprekings wat daar by kinder-erediens plaasvind.
– Administratiewe beamptes wat help met die administrasie van die kinderkerk.
– Musiekbediening wat die kinders begelei met sang en musiek.

Kontakperson:
Ds. Marius 082 327 7425        

Belydenisjaar (Gr 11)

Dit vorm die hoogtepunt van ons tienerbediening oor die jare.  Daar word baie spesiale moeite gedoen met die kinders.  Ons skop die jaar af met ‘n kamp en dan doen ons die Kairos kursus wat handel oor hoe God die Wêreld sien en wat Sy plan is.  Ons gaan in die Oktober skoolvakansie op ‘n kruiskulturele uitreik om die kinders te laat ervaar wat ons in die kursus gedoen het.  Dit is ‘n opwindende jaar vir die kinders en vir ons as begeleiers.

Kontak:
Ds Louis 084 512 8207 of Kerkkantoor 013 697 4449 aan die einde van jou kind se Gr 10 skooljaar indien jy wil hê jou kind moet sy of haar Belydenisjaar (Gr 11 jaar) doen by Basileia Gemeente.

Vul die vorm in en stuur dit vir one. 

Tienerbediening (Gr 7 – Gr 10)

Doel van die bediening is om tieners op so ’n geestelike vlak te bereik dat hulle nie kan NEE sê vir Jesus nie.  Ons vat hulle terug na die basiese beginsels.

Samestelling van die bediening.
Ds. Louis neem op die oomblik die verantwoordelikheid daar.  Daar is ’n bedieningsleier en verder groepleiers.  Die groepleiers hanteer elkeen ’n groepie tieners en die beplanning is so dat as jy met ’n Gr 7 groep begin en dit is vir jou enigsins moontlik, vat jy hulle deur tot die belydenisjaar.

Funksionering van bediening.
Hulle kom Sondaemiddae om 16:00 byeen en dan vind die jeugbyeenkoms plaas.  Dit hou aan met kleingroepbesprekings tot 17:00.

Daar is ook jeugkampe deur die jaar.  Sien kalender en afkondiginge.  Die jeug is vir ons in Basileia Gemeente ’n wesenlike deel van die gemeente.

Hoe om betrokke te raak:
’n Passie om met tieners te werk is ’n vereiste.  Maar die heel belangrikste is dat jy wat met die tieners werk, ’n lewende verhouding met God moet hê.  Indien die Here dit op jou hart lê om betrokke te raak, kan die bedieningsleier of die leraar gekontak word.  Jy word dan by ’n jeuggroep ingedeel en jy word hulle geestelike mentor vir die tyd wat jy by hulle betrokke is. Dit is ook jou verantwoordelikheid om in die week met jou kleingroeplede kontak te behou.

Kontakpersoon: 
Ds. Louis  084 512 8207

Begrafnisse & Muur van Herinnering

In hierdie moeilike tyd wil ons as gemeente graag ‘n hand na jou uitreik en ‘n paar treë op hierdie pad saam met jou stap.  Wanneer jy in hierdie verband hulp benodig kan jy die predikant van jou keuse self kontak of met die kerkkantoor skakel vir hulp in hierdie verband.  Die begrafnisondernemer van jou keuse sal jou ook in hierdie verband behulpsaam kan wees.

Kontakbesonderhede van die predikante:
Ds Louis Cloete – 084 512 8207
Ds Marius Nel – 082 327 7425
Kerkkantoor – 013 697 4449

Ons het ook ‘n veilige en toeganklike Muur van Herinnering waar die as van jou geliefde veilig op die kerkterrein bewaar kan word. Indien jy enige inligting in hierdie verband benodig voltooi die vorm en stuur dit aan ons.

Gasvryheid

Gasvryheidsbediening – ontvangs.

Die doel van hierdie bediening is om die opdrag van die Here Jesus in 1 Petr.4:9 te verwesenlik: “wees gasvry onder mekaar sonder om te kla.” (ou Vertaling). Die lede van die bediening beman die deure voor die aanvangs van die erediens en verwelkom almal wat opdaag. Ons doel is om die vriendelikste en gasvryste gemeente in die land te wees.  Na die oggenddienste drink ons saam koffie en eet lekker tuisgebakte brood.  Covid maak dit op die oomblik bietjie anders, maar ons sal weer die normale doen wanneer ons kan.

Rom.12:13  “…en lê julle toe op gasvryheid…”

Kontakpersoon:
Odette Rossouw 072 704 9048

Omgee, Nasorg & Siekebesoek

Getrou aan ons visie gee ons ook geesvervuld na binne vir mekaar om.  Ons huil saam en lag saam mekaar.  Hierdie bediening fokus daarop om kontak te maak en besoeke te doen by persone wat deur predikante besoek is – veral siekte.  Opvolg vind plaas dmv oproepe, ‘n WhatsApp of besoeke.  Dit word weekliks bestuur vanuit die kerkkantoor.  

Hoe om betrokke te raak.
Kontak asb die Kerkkantoor  013 697 4449. Enigeen met ’n passie vir omgee, opvolg en versorging van siekes is welkom. Indien jy self omgee, nasorg of siekebesoek verlang of ingaan vir ‘n operasie, klik asb op die skakel wat jou na die omgee vorm sal neem.  Vul dit in en stuur dit aan ons.

Huweliksvoorbereiding

Basileia Gemeente glo in die huwelik as ’n instelling van God en daarom wil ons nie ligtelik daarmee handel nie.  Om te trou is nie moeilik nie, maar om gelukkig getroud te wees, is dikwels ‘n groter uitdaging. Hierdie bediening help julle as paartjie om goed af te skop en met ‘n paar Bybelse beginsels hierdie reis aan te pak.  Ons maak gebruik van ‘n DVD-reeks vir hierdie voorbereiding.  Julle werk hierdie DVD’s eers alleen deur en kontak dan jou predikant van voorkeur as julle klaar is om dan met julle daaroor saam te gesels.

Wat maak ek as ek wil trou?
– Kontak die spesifieke predikant wat jy wil hê jou huwelik moet bevestig.
– Voltooi die huweliksvorm en stuur dit aan ons.

Kontakpersone:
Ds. Louis 084 512 8207  of  Ds. Marius 082 327 7425

Kerkkantoor:
013-697 4449 (Weeksdae 08h00-12h00)

Vrouebediening Neshama / Vrouetee / Vrouekampe

Klipfontein, Basileia sussie hier is ‘n paar plekke waar jy kan deel word van die hartklop van die gemeente.  Elma Cloete en Elma Nel nooi julle uit om ons en al die ander sussies van die gemeente te kom leer ken en om saam te kom werk en groei.

Neshama
Een maal per maand kuier die gemeentevroue saam rondom ‘n koppie tee.  Dis altyd op ‘n Donderdagoggend:  hou die almanak dop.  Hier luister ons na ‘n praatjie, kyk na ‘n demonstrasie en deel sommer net in mekaar se lewens.  Dis net kuier, kuier kuier!
Kontakpersoon :  Odette Rossouw 072 704 9048

Vrouetee
Elke jaar word ‘n bekende persoon gevra om die dames toe te spreek op ‘n Saterdagmiddag.  Gewoonlik in Maart, maar hou die afkondiginge dop.

Vrouekamp
Ons kamp feestelik saam een keer per jaar.  Hou die almanak dop en moet dit nooit mis nie.  Hier maak ons regtig vriende met mekaar en geniet die eenheid en liefde wat die Here vir ons bedoel het.  As jy wil help met kampe , meld aan!  Saamkom is nie ‘n opsie nie, want ons wil jou so graag leer ken.  Ons sien uit om jou daar te sien die jaar!

Kontakpersone :
Elma Cloete 082 891 9089
Elma Nel 083 234 8049

Terrein & Geboue

Doel van die bediening
Die Here het aan ons gemeente baie goeie doelmatige geboue gegee.  Ons moet hierdie geboue goed oppas en versorg ook vir die geslagte na ons wat hierdie geboue gaan gebruik.

Die kerkraad strewe daarna om altyd genoeg fondse daar te stel om die geboue goed te versorg. Dit is die passie van die bediening om juis dit te doen en uit te voer.

Hoe om betrokke te raak
Indien geboue en die instandhouding daarvan vir jou belangrik is, wil ons jou graag betrek.

Kontakpersone: 
Jannie van der Westhuizen 082 445 7826

Indien jy van ons geboue / lokale gebruik wil maak voltooi die vorm en stuur dit vir ons.

DoopvoorbereidinG

Die doop van jou kind is vir ons ‘n baie spesiale en betekenisvolle geleentheid. In die lig hiervan spandeer ons baie tyd aan die voorbereiding van jou as ouer.  By vier geleenthede gesels ons lekker saam oor die betekenis van die verbond wat God met jou kind sluit,  jou eie doop en die betekenis daarvan vir jou.  Verder gesels ons oor hoe ‘n mens op hierdie verbond antwoord en hoe julle as ouers julle kind hierin kan begelei.  Hierdie voorbereiding vind twee keer ‘n jaar oor vier weke plaas.  Jy kan een van die twee geleenthede kies en die voorbereiding is vir twee jaar geldig.

Februarie en Augustus op Woensdagaande – 18h30-20h00

Voltooi en stuur die Doopvoorbereidingsvorm aan ons.

NA BUITE

Sending

Die doel van die bediening.
Die sendingwerksgroep streef daarna om na bo, na binne en na buite, ons visie uit te leef.  Eerstens vertrou ons op die Here vir wysheid en insig om ons take uit te voer en om Hom te behaag.  Somtyds kos dit ons om ons eie idees eenkant toe te skuif en ruimte in ons harte te maak vir iets anders.  Na binne is dit ons oortuiging om die gemeente meer betrokke te kry, nie net by die geloofsoffer nie, maar ook by projekte, uitreike en met die sendelinge persoonlik.  Na buite poog ons om betrokke te raak by evangelisasie projekte asook sendeling ondersteuning in die buiteland – veral onder onbereikte mensegroepe.

Die geloofsoffer is ‘n integrale deel van die sendingwerksgroep se aktiwiteite.  Die toedeling van finansies aan sendelinge en die besteding van die oorblywende finansies aan behoeftes, projekte en uitreike.  Die geloofsoffer word jaarliks hernu, maar enige iemand kan enige tyd betrokke raak.  ‘n Persoon hoor by die Here hoeveel hy/sy die Here moet vertrou om ‘n maandelikse ooreenkoms met Hom aan te gaan.  Die sendingwerksgroep kontroleer nie die inbetalings nie en dus word niemand aangemaan oor of hy inbetaal of nie.   Dit is totaal tussen die individu en die Here.  Ons gebruik slegs die syfers om ‘n begroting te kan opstel.

Hoe om betrokke te raak
Ons sien almal in die gemeente as deel van hierdie bediening, want ons glo dat ons nie mag bestaan as ons nie ‘n sendinghart vertoon nie.  Enige behoefte of betrokkenheid word tydens eredienste aan gemeentelede bekend gemaak.  Waar Heilige Gees met jou praat om betrokke te raak, doen dit.

As jy graag deel van die werkgroep wil wees waar die beplanning van die sendingwerkgroep gedoen word, skakel enigeen van die onderstaande persone.

Om betrokke te raak by ons Sending dmv. jou Geloofsoffer vul asb die Geloofsoffer belofte vorm in

Kontakpersone:
 Deon Delport 081 487 3374

Bankbesonderhede:
NG WITBANK-KLIPFONTEIN SENDING
ABSA Tjekrek
# 1360 150 387

Saadbediening / Ogies

So ongeveer 4jaar gelede het die NG Kerk op Ogies sy deure gesluit en die gemeente het by Witbank Suid ingeskakel.  Deur verskeie wonderwerke is Basileia Gemeente instaat gestel om die kerkgebou met al sy geboue aan te koop en daar is nou een van ons kinderhuise en daar word groente verbou vir die kinderhuise.  Die kerkgebou word uitverhuur en die saal tot beskikking van die gemeenskap daargestel.  Ons noem dit die saadprojek en dit is ‘n ten volle geloofsbediening.

Jy is altyd welkom om tot daardie projek by te dra in die Dankofferrekening met verwysing:  
Saadprojek.  
ABSA 1360 5800 20

Finansies

Die doel van die bediening is om toe te sien dat die finansies van die gemeente bestuur word volgens algemene rekenkundige praktyk.  Toesig word gehou oor elke bediening se begroting en die algemene begroting van die gemeente.  Inkomstes en uitgawes word bestuur.

 

Dankoffers
Ons gemeente se skeppingsdoel is om te kan gee sodat ons weer kan weggee.  Elke lidmaat is verantwoordelik om self sy/haar dankoffer in te betaal of in te gee by die kerk.  Elke bediening het fondse nodig om te kan voortbestaan en dit kom net van lidmate af wat getrou gee.

Hoe om jou dankoffer te gee of enige ander gelde in te betaal
Gelde kan altyd tydens kantoorure by die kerkkantoor inbetaal word waarna daar ‘n kwitansie uitgereik sal word.  Dring asb. altyd aan op ‘n kwitansie aangesien dit ‘n belangrike rol speel in die beheer van kontant fondse.  Die kantoor kan ook kaart transaksies hanteer en verwelkom ook EFT oorbetalings.

Hoe om te verseker dat gelde vir ‘n spesifieke projek aangewend word
Indien jy vir ‘n spesifieke projek gelde wil gee, dien die projek se naam as ons verwysing.

Hoe om betrokke te raak
Enigeen wat betrokke wil raak by die bediening moet asseblief die bedieningsleier of vir Adri in die kerkkantoor skakel.

Kontakpersone:  
Bedieningsleier:  Henry Pearson 082 927 7409
Adri – Finansiële beampte  013 697 4449

ABSA 1360 5800 20

Nood & Armoede (Rizpah / Springvalley / Edenpark)

Die doel van die bediening
Die Nood en armoedebediening van die gemeente is ‘n bediening wat grootendeels op die na-buite visie van die gemeente fokus.  Deur ‘n betrokkenheid by die nood van die stad wil die bediening God se hande en voete wees in die verligting van nood en seer waar dit ons pad kruis.  So is ons by vele projekte betrokke, waarvan die uitdagendste

Rizpah hulparm– In samewerking met die CMR is daar ’n interkerklike aksie gestig wat uit vroue bestaan wat help met die dag tot dag versorging van die kinders in die huise.

Hierdie bediening vorm een van die ankerpunte van ons gemeente.  Dit onderskryf ons waarde van diensbaarheid.

Hoe om betrokke te raak
Daar is deurlopend deur die jaar verskeie geleenthede waarby jy betrokke kan raak.  Dit word grotendeels by ons eredienste aangekondig.  Raak dan betrokke.  Indien jy by enige van bg. Projekte as sulks wil betrokke raak, kontak die onderstaande persone of indien jy by die projekspan wil betrokke raak wat die bediening beplan en implimenteer in die gemeente, kontak vir Anet.

Kontakpersone
Anet Jansen 083 666 1507 of  Santjie Pearson 072 378 6579.

Bankbesonderhede
RIZPAH MINISTRY NPO
FNB Tjekrek
# 628 9989 7973

Voedselprojek

By hierdie bediening gee ons uitvoering aan wat in Galasiërs 6:2 “Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee so uitvoering aan die wet van Christus” staan.  Die doel van hierdie bediening is om liefde, barmhartigheid en omgee in ons gemeenskap uit te leef.  Daar is ’n groep lidmate wat maandeliks byeenkom en dan die kos verpak.  Die kliënte van hierdie bediening is gesinne en individue wat krisistye beleef en waarlik afhanklik is van die kruideniersware wat ons aan hulle voorsien.

Hoe om betrokke te raak
– Jy kan self by die span aansluit wat maandeliks die kos moet verpak.
– Jy kan self skenkings maak.  Kontak net die bedieningsleier om uit te vind wat jy kan skenk.
– Jy kan maandeliks ’n finansiële bydrae maak by die kerkkantoor of as deel van jou dankoffer – merk dit net: “Voedselprojek”.
– Jy kan ook direk by hulle rekening inbetaal.  

Bankbesonderhede:
NG WITBANK-KLIPFONTEIN
VOEDSELPROJEK
ABSA Tjekrek
# 935 012 7082

Hoe om hulp by die voedselbediening te kry
Indien jy of jou gesin finansieel deur ’n moeilike tyd gaan, of indien jy iemand ken wat hulp benodig, kan die bediening gekontak word vir hulpverlening.  Ons is ook sensitief met betrekking tot privaatheid.

Kontak
Die Kerkkantoor by 013 697 4449 of Leon Viviers 082 894 5755

Volwasse Belydenis van Geloof

Mense wonder dikwels of hulle saak met die Here reg is en hoe dit reggemaak kan word.  Hierdie is ‘n geleentheid waar jy ernstig met iemand oor jou eie geloofsekerheid en persoonlike verhouding met Jesus kan gesels.  Dit is ‘n een-tot-een geleentheid waar jy alleen met iemand oor die verloop van ‘n paar weke kan gesels.

Sou jy hierin belangstel en om iewers as volwassene (naskool) belydenis van jou geloof in die gemeente wou aflê en so ‘n lidmaat van ons gemeente word, voltooi en stuur die vorm vir ons.

Stadsbediening (Shelter / Fraternal / Kinderhuise)

Doel van die bediening
Ons is ‘n gemeente met ‘n sterk stadsvisie.  Ons glo dat ons deur God vir ‘n tyd soos hierdie hier geplaas is.  Ons glo dat jy werk waar jy moet werk en dat God jou daar geplaas het met ‘n opdrag en dit is om die markplein bedienaar daar te wees.  Daarom bemagtig ons van tyd tot tyd alle lidmate dat jy kan weet dat waar jy is, moet jy bid dat God se koninkryk daar sal kom.  Dat waar jy beweeg in ons stad, jy vrede sal bid en spreek.  Daarom het die gemeente ingewillig om elke maand se oorskot in die stad in te saai – hetsy in bestaande projekte wat iemand die stad dien, of dat ons self die Here vertrou vir ‘n projek waarby ons betrokke kan raak.

Baie van ons bedieninge het ‘n stadsfokus – van die kinders tot by die “onder 100” bediening.  Ons het daarom ook die geloofsstap geneem en ‘n huis aangekoop in die dorp wat slaapplek bied vir hawelose mense.  Ons doen dit in samewerking met Jabez bediening in ons stad.  (Op die oomblik is die bestaande Shelter verkoop en beplan ons om in die toekoms in ‘n ander deel van ons stad weer ‘n huis te koop en in ‘n Shelter te omskep). Daarom bedryf ons ook kinderhuise wat uit en uit ‘n stadsprojek is.

Ons leraars is aktief betrokke by die Witbank Fraternal en beywer hulle daar vir die totstandkoming van ‘n groter eenheid tussen die verskillende christen kerke.  Ons stad is God se stad!  Ons praat dit, leef dit, bid dit en doen dit!

Hoe om betrokke te raak
– Om by die Shelter betrokke te raak kan julle vir Odette Rossouw 072 704 9048 kontak.
– Om by die kinderhuise betrokke te raak, skakel vir Anet Jansen by 083 666 1507.
– Om by die bediening betrokke te raak, skakel vir Ds. Louis 084 512 8207.

Eredienstye

Instapdiens

Sondagoggend:  08h30

Aanlyndiens

Sondagoggend: 8h30 - Facebook en Youtube

Kleuter/Kinder & Tienerbedieningstye:

Kleuterbediening (3 - 6 JAAR)

Sondagoggend: 8h30 - Voor diens na die kleuterlokaal

Kinderbediening (Gr 1 – 6)

Sondagoggend: 8h30 - Eers in die diens, en dan uit na die saal

Tienerbediening (Gr 7 – 11)

Sondagmiddag: 16h00 tot 18h00 - In die koffiekamer

KONTAK

Kontaknommer

013-697 4449 / 068 012 6333

Epos

kerk@bgkerk.co.za

Gemeente Whatsapp

068 012 6333

Ds. LPJ (Louis) Cloete

084 512 8207

Ds. AM (Marius) Nel

082 327 7425

Adres

Hans Strydomlaan 70, Emalahleni